Forum Indeks Afrikaans Wereldwyd - Worldwide
Saamgesels - Havachat forums
 
 MAN/FAQMAN/FAQ   SoekSoek   LedelysLedelys   GebruikersgroepeGebruikersgroepe   RegistreerRegistreer 
 ProfielProfiel   Teken aan om jou persoonlike boodskappe te sienTeken aan om jou persoonlike boodskappe te sien   Teken inTeken in 

Waar sou jy verkies om te bly ?
Gaan na bladsy Vorige  1, 2
 
Pos nuwe onderwerp   Antwoord op onderwerp    Forum Indeks -> Menings Opnames / Polls
Besigtig vorige onderwerp :: Besigtig volgende onderwerp  

Waar sou jy verkies om te bly ?
Sydney - New South Wales
17%
 17%  [ 3 ]
Melbourne - Victoria
5%
 5%  [ 1 ]
Perth - Wes Australië
23%
 23%  [ 4 ]
Adelaide - Suid Australië
0%
 0%  [ 0 ]
Canberra - Australia Capital Territory
0%
 0%  [ 0 ]
Darwin - Northern Territory
0%
 0%  [ 0 ]
Bribane - Queensland
0%
 0%  [ 0 ]
Hobart - Tasmania
0%
 0%  [ 0 ]
Enige ander land ? Laat gerus weet in 'n boodskap op die bord
52%
 52%  [ 9 ]
Stemtotale : 17

Skrywer Boodskap
appelkie
Lekker-Kuier
Lekker-Kuier


Aangesluit: 03 Apr 2006
Posstukke: 16
Ligging: Suid-Afrika

PosGepos: Maan Mei 08, 2006 11:45 pm    Pos onderwerp: Viva Suid-Afrika Antwoord met aanhaling

As ek moet kies, kies ek 1000 keer Suid-Afrika, bo enige ander land. Dis n pragtige land, met soveel moontlikhede.

Maar as ek kon kies, sal ek net een ding wil verwyder he, of dalk n paar, maar alles loop hand aan hand met my EEN. Dit is die ONVEILIGE situasie in ons dierbare land..... ongelykhede, moord, verkragting, steel, bedriery, alles het dit in gemeen met hierdie EEN.

Ander lande het tog ook onveilige toestande, maar dit word vasgevat. Hier word niks daaromtrent gedoen nie. So blyk dit. Ek stem saam dit maak mens soms bang, om hier te leef. Maar hoe minder ek daaraan dink, hoe beter vir my. Ek steur my nie meer aan die nuus nie, ek kan dit tog nie verander nie.

Baie mense oorsee wil terugkeer, maar hierdie negatiewe dinge stuit hulle teen die bors. Dis nogal jammer dat dit nie veiliger hier is nie. Alles kan tog so mooi wees.

Oorseese lande het baie mooi plekke. So ook Suid-Afrika. Ek is absoluut mal oor die oorsese ou geboue. Dit vertel n storie, nes hier.

Ek wou al baie opgepak het in die land verlaat het, maar my 2 kids hou my hier. Hulle is my lewe. En ook my diere. Hoe kan ek hulle agterlaat. En gaan ek werklik daar gelukkig wees. Ek sal nie weet wat om te kies of waarheen om te gaan nie.

Ry ek rond in die natuur in Suid-Afrika, veral die mooi wildtuine en die pragtige dele in die Kaap, Mpumalanga, ens ens, se ek, dis darem nie oral onveilig nie.

Ek bly lief vir Suid-Afrika. Het ook op n plaas grootgeword. My wortels le hier.

Maar ek begeer meer veiliger toestande vir ons, veral vir ons boere gemeenskappe.

En ek raak onrustig, want dinge lyk of dit baie toeneem, die anargie en die negatiewe dinge.
Terug na bo
Sien gebruiker's profiel Stuur persoonlike boodskap
Yezedi (Angel in Arabies)
Beginner
Beginner


Aangesluit: 31 Okt 2006
Posstukke: 7
Ligging: Canberra

PosGepos: Son Des 10, 2006 9:12 pm    Pos onderwerp: Veiligheid Bo enigiets anders Antwoord met aanhaling

Ja mense, ons almal verlang na Afrika want die bloed is in ons are. Maar as jy soos ek, 2 keer in 2 maande ge-hijack was, 57 geweerskote in jou kar en jy kom daaruit sonder 'n skrapie aan jou lyf, dan se die sielkundiges jy kies die "fright and flee" uitweg. Gee nie om watter uitweg en wie se wat nie. Ek is hier in Sydney nou al vir 3 maande en daar is nie 'n manier dat ek teruggaan nie.

My hele familie het agtergebly, my kind sal seker oor 'n jaar oorkom, maar vir my - ek is veilig en "after all" ek is gelukkig dat ek nog die "move" kon maak.

Dit bly op die ou einde jou eie keuse.
_________________
My hart bly Afrikaans
Terug na bo
Sien gebruiker's profiel Stuur persoonlike boodskap Stuur e-pos MSN Boodskapper
Vertoon pos van voriges:   
Pos nuwe onderwerp   Antwoord op onderwerp    Forum Indeks -> Menings Opnames / Polls Alle tye is GT + 10 Ure
Gaan na bladsy Vorige  1, 2
Bladsy 2 van 2

 
Spring na:  
Jy mag nie nuwe onderwerpe in hierdie forum pos nie.
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
Jy mag nie jou pos in hierdie forum bewerk nie.
Jy mag nie jou pos in hierdie forum skrap nie.
Jy mag nie aan die meningspeiling in hierdie forum deelneem nie.


Powered by phpBB © 2001, 2005 phpBB Group